WIE IS ONS?
Die woord Simfonie beteken `n pragtige harmonie van klanke wat deur verskeie instrumente na vore gebring word. Ons gemeente-naam, Simfonie, gee uitdrukking aan ons hartsbegeerte dat ons lewens, individueel, maar veral gesamentlik, `n simfonie van liefde, diens, toewyding, aanbidding en lof tot eer van God sal wees. Ons wil hê dat hierdie simfonie wat deur ons lewens klink, deur die mense om ons gehoor sal word, en dat almal sal hoor hoe sy liefde ons lewens verander het in `n simfonie-orkes is elke instrument belangrik, al is dit die klein fluit of die groot basdrom. Dit herinner ons dat elke persoon in ons Simfonie familie vir die Here kosbaar is en `n unieke plek het. `n Simfonie-orkes speel van dieselfde bladmusiek af, en so wil ons as gemeente die Woord van God as ons bladmusiek gebruik as leidinggewend vir ons lewens. As instrumente in `n simfonie-orkes nie saam ingestem op dieselfde toonhoogte nie, klink die musiek glad nie harmonieus nie. Ons moet op een toonhoogte ingestem moet wees, naamlik die toonhoogte van die liefde van God.
Elke Simfonie-orkes het `n dirigent. Ons dirigent is die Heilige Gees, en ons begeer sy leiding en inspraak in ons lewens en ons gemeente. Ons wil graag hê dat mense moet hoor hoe mooi God ons lewens gemaak het, maar ons maak hoofsaaklik deur ons lewenstyl `n simfonie van aanbidding vir ons groot God. Ons nooi jou om saam met ons `n simfonie te kom maak tot Sy eer.
ONTMOET ONS PASTORE
Past. George en Alta
Van Schalkwyk
George van Schalkwyk is op 20 Mei 2006 in Simfonie gemeente as leraar bevestig. Dit is vir hom, en sy vrou Alta, belangrik dat mense die warm liefde van die Here Jesus in ons gemeentewees sal ervaar. Sy hartsbegeerte is daarom dat mense vir ons as Simfonie gemeente sal beleef as `n oop en vriendelike geestelike familie waar hulle die Here beter kan leer ken, asook goeie vriende kan maak wat saam met hulle die Here dien. Sy hart is ook dat elke huis in ons omgewing `n plek sal wees waar die Here koning is, en sy genesende liefde teenwoordig is. Sy harts gebed is: “Dat die wonderlike Koninkryk van God in ons en om ons sigbaar mag word.”
Past. Jacques en Ansu
Pienaar
Jacques en Ansu Pienaar is in Oktober 2014 as Mede-Leraarspaar in Simfonie gemeente bevestig. Met ‘n liefde vir kinders, sang en musiek, die toerusting van leiers en die ontwikkeling van bedienaars wil hulle sien hoe elkeen ‘n doelgedrewe lewe leef, ‘n lewe waar hulle liewer word vir God en Sy mense. Die opdrag om die Goeie Nuus te gaan vertel lê hulle na aan die hart en daarom leer hulle en motiveer hulle ander, jonk en oud om die Goeie Nuus uit te leef deur lig en sout te wees in woord en daad. Wandel in die Gees is hulle oproep aan ander.
Past. Johan en Amelia
Roode
Pastoor Johan en Amelia Roode het albei in hul jeugjare die Here Jesus Christus as Verlosser en Redder aangeneem en afsonderlik die roeping van die Vader gehoor tot heeltydse diens. Na bediening in verskillende gemeentes en ‘n sterk uitreiking na die jeug van hul tyd regoor die land, het hulle in Witpoortjie aangeland. Op 4 Mei 1984 is ons hier verwelkom en dit is waar hulle uit die heeltydse bediening getree het en waar hulle steeds vandag woon, werk en aanbid. Solank as wat hulle kan en die krag en gesondheid geniet wil hulle die Here met hulle hele hart dien totdat Hy hulle kom haal. Altyd tot beskikking van Hom aan wie hulle behoort en lief het.
Past. Franco en Johanic
van der Westhuizen
Pastoor Franco en Johanic van der Westhuizen het in 2021 by die Simfonie-familie aangesluit. Hulle is verantwoordelik vir die tiener- en jongmensbediening. Hulle het 'n groot passie vir verlore jongmense en werk daarna toe dat elke jongmens God se plan vir hulle lewe ontdek en leef. Hierdie kan nie ‘n werklikheid word sonder ‘n liefde vir God se gemeente en kerk nie en daarom modelleer hulle ‘n besonderse liefde en diensbaarheid teenoor God se mense en kerk. Hulle glo dat Suid Afrika ‘n hoopvolle toekoms het en dat dit begin wanneer jongmense hulle harte terugdraai na God toe.
DIE MUSIEK SPAN
Deon Holtzhausen
Chantel Herselman
Christo Holtzhausen
Tiodor van Staden
Mornay Engelbrecht
Tamryn Loots
Susan Loots
Johanic van der Westhuizen
Sune Senekal
Burlize Toua
- Dawie Senekal
- Eugene van Staden
- Deon Loots
- Peter Crail
- Deon Loots
- Reinhard Rudd
- Dries van Oelsen
- Tobie Schalkwyk
- Ruan van Staden
- Louis Kruger
- Claudette Slabbert
- Estelle van Staden
- Ansu Pienaar
- Sarene Brits
DIE TEGNIESE SPAN
Jacques Pienaar
Juan Swart
Morne Herselman
Edward Austin
SIMFONIE BEHEER LIGGAAM
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
KINDER BEDIENING
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
DIE KOFFIE KAMER
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
Naam en Van
WhatsApp Komunikasie